|
Voordele
Wat is die voordele vir 'n skool as die beheerliggaam by die vereniging vir beheerliggame sou aansluit?
-
gesamentlik het lede van die "Beheerliggaamalliansie" bestuur meer as 100 jaar ervaring in sake wat verband hou met beheer van skole
-
die "Beheerliggaamalliansie" het 'n aansienlike getal ledeskole
-
die "Beheerliggaamalliansie" het gedurende kantoorure 'n telefoniese hulpdiens om te help met alle sake en wetgewing wat verband hou met die beheer van skole. Die diens bied gemiddeld binne 24 uur 'n antwoord op navrae
-
die "Beheerliggaamalliansie" het 'n uitstekende hulpbronbasis en kennis oor die jongste inligting op opvoedkundige gebied
-
die "Beheerliggaamalliansie" help ledeskole se beheerliggame met onderwyswetgewing wat betrekking het op doeltreffende en effektiewe beheer van openbare skole
-
die "Beheerliggaamalliansie" stuur gereelde Nuusbriewe met
inligting oor heersende en noodsaaklike aspekte wat verband hou met onderwys
-
die "Beheerliggaamalliansie" stel billike ledegeld vas, wat gepas is vir alle openbare skole se beheerliggame.
Hoekom nie aansluit by 'n dinamiese, progressiewe
vereniging vir openbare skole se beheerliggame nie?
Moenie uitstel nie, sluit vandag nog aan! Skakel Kathy of Matthew gedurende kantoorure

|